Meer oor Lourentia
Lourentia is getroud met Pieter en ma van 3 kinders. Sy het voorgraads haar BA graad in Sielkunde III en Bybelkunde III aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Daarna voltooi sy haar Honneurs in Sielkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en haar Meestersgraad in Voorligtingsielkunde aan die Universiteit van Oranje Vrystaat. Sy gaan werk as sielkundige in die Departement van Korrektiewe Dienste vir 5 jaar. Sy begin haar eie privaatpraktyk in 1997 en is nog steeds voltyds in privaatpraktyk in Zambesi 247, Sinoville, Pretoria.
Sy was mede-outeur saam met Maretha Maartins in die volgende boeke: Moeilike Mense; Die Bybel en my gemoed; Die Trauma van verwerping en Die Groot Huweliksboek.
Sy skryf soms artikels vir Sarie en ander tydskrifte. Sy tree gereeld as openbare en motiverende spreker by fondsinsamelings, vroue-oggende en kampe op.